# Tennis: Die vierde-gekeurde Stefanos Tsitsipas is deur na die tweede ronde van die Doebaise Kampioenskap. Die Griek, wat die eerste keer in vyf jaar aan die toernooi deelneem, het die Italiane, Lorenzo Sonego geklop. Tsitsipas speel volgende teen die Rus, Karen Khachanov, wat die Britse promotorskeuse Daniel Evans verslaan het. 2018 se kampioen, Roberto Bautista Agut van Spanje, is ook deur na die tweede ronde nadat hy met Fabian Marozsan van Marokko afgereken het. Die Australiër Alexei Popyrin en Giovanni Mpetshi-Perricard van Frankryk het ook gewen.
Tennis: Tsitsipas en Khachanov deur na Doebaise Kampioenskap se tweede ronde