# Tennis: Die twee top-gekeurde mans is steeds op koers om mekaar Sondag te ontmoet in die eindstryd van die Amerikaanse Ope. Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz oorheers die spel op die oomblik en het saam die laaste sewe Grand Slam-toernooie gewen. Sinner speel in die halfeindronde teen die 25ste-gekeurde Kanadees Felix Auger-Aliassime en Alcaraz speel teen die sewende-gekeurde Novak Djokovic. Die 38-jarige Serwiër se kans op ‘n rekord-25ste Grand Slam-titel raak al skraler voor sy loopbaan ten einde loop.
Tennis: Topgekeurde mans steeds op koers om in die eindstryd van die Amerikaanse Ope te ontmoet