# Tennis: Die derde-gekeurde Amerikaner Taylor Fritz het sy elfde ATP-toertitel beklink toe hy die DC-ope in Washington gewen het. Hy het die Spanjaard Rafael Jodar verslaan om sy eerste titel sedert Junie verlede jaar te buit, en die eerste op ʼn hardebaan sedert Februarie 2024. In die vroue-eindstryd het die 21-jarige Alexandra Eala die eerste Filippyn geword wat ʼn WTA-enkelspeltitel wen toe sy met die topgekeurde Amerikaner Jessica Pegula afgereken het. Eala het nou van 28ste op die wêreldranglys gespring na 20ste ‒ die beste van haar loopbaan.
Tennis: Taylor Fritz en Alexandra Eala word as DC-ope se kampioene gekroon