# Tennis: Die heersende kampioen Iga Swiatek is Saterdag by die Italiaanse Ope uitgeskakel na ‘n nederlaag van 6-1, 7-5 teen Danielle Collins. Swiatek se vroeë uitskakeling is ‘n groot skok, aangesien sy gewoonlik haar teenstanders op die klei oorheers en boonop ‘n uiters indrukwekkende rekord in die Italiaanse hoofstad het. Met Roland Garros om die draai is die manier waarop sy uitgeskakel is, ook kommerwekkend. Sy is tydens die Madrid Ope vroeër hierdie maand in skoon stelle deur Coco Gauff in die halfeindronde geklop.
Tennis: Swiatek se titelverdediging in Rome eindig vroeg