Skip to content

Tennis: Swiatek en Shelton deur na Kanadese Ope se derde ronde, maar Norrie is uit

# Tennis: Die Wimbledon-kampioen Iga Swiatek van Pole is deur na die derde ronde van die Kanadese Ope in Montreal toe sy die Chinese kwalifiseerder, Guo Hanyu, verslaan het. Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka van Japan, het die Rus, Liudmila Samsonova, naelskraaps geklop. Die Letlander, Jelena Ostapenko, het met Renata Zarazua van Mexiko afgereken. In die mansafdeling in Toronto het die vierde-gekeurde Amerikaner Ben Shelton die Fransman Adrian Mannarino verslaan om die derde ronde te haal. Die Brit Cameron Norrie het teen die Australiër Aleksandar Vukic verloor.