Skip to content

Tennis: Swiatek en Rune uitgeskakel uit Kanadese Ope

# Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek van Pole, is die jongste gekeurde wat op die Kanadese Ope in Montreal uitgeskakel is. Die tweede gekeurde het in skoon stelle teen die 19de-gekeurde Deen, Clara Tauson, verloor. Die Amerikaner, Madison Keys, is deur na haar agtste kwarteindronde nadat sy met die Tsjeg, Karolina Muchova, afgereken het. In die manstoernooi in Toronto, het die Amerikaner Taylor Fritz die Tsjeg, Jiri Lehecka, naelskraaps geklop terwyl die Deen, Holger Rune, teen Alexei Popyrin van Australië verloor het.