# Tennis: Die Oekraïnse speler Elina Svitolina beskuldig ontevrede wedders van aanlyn mishandeling, insluitend doodsdreigemente, nadat sy teen Naomi Osaka van Japan verloor het in die halfeindronde van die Kanadese Ope. Sy het die boodskappe op sosiale media geplaas en sê die manier waarop daar met vroue en ma’s gepraat word is skandelik. Sommige van die boodskappe verwys na die oorlog tussen haar vaderland en Rusland. ‘n Onlangse opname toon woedende wedders was verlede jaar verantwoordelik vir byna die helfte van haatboodskappe wat spelers op sosiale media moes verduur.
Tennis: Svitolina beskuldig ontevrede wedders van aanlyn mishandeling, insluitend doodsdreigemente