# Tennis: Suid-Afrika se Davisbekerspan sal in September na Pretoria terugkeer vir hulle Wêreldgroep Twee-kragmeting met Marokko. Die kragmeting sal op die Groenkloofklub plaasvind waar Suid-Afrika in Februarie vir Nigerië 3-1 verslaan het in die uitspeelronde. Die wenner sal speel om bevordering na Wêreldgroep Een, terwyl die verloorder in die uitspeelronde vir relegasie sal meeding. Suid-Afrika is tans 58ste op die Davisbeker-ranglys en Marokko 51ste. Die hoofbestuurder van Tennis Suid-Afrika, Anthony Moruthane, glo die tuisbaanvoordeel kan ‘n noemenswaardige verskil maak.
Tennis: Suid-Afrika se Davisbekerspan speel in September in Pretoria teen Marokko