Skip to content

Tennis: Spelersvereniging waarvan Djokovic die medestigter is dagvaar beheerliggame

# Tennis: Die Beroepstennisspelersvereniging, PTPA, waarvan Novak Djokovic ‘n medestigter is, dagvaar die sport se beheerliggame oor teen-mededingende praktyke en ‘n gebrek aan spelerswelstand. Die hofdokumente van 163 bladsye sê spelers is vasgevang in ‘n spel wat hulle beperkte beheer gee oor hulle loopbane en handelsmerke. Die vereniging kritiseer ook die skedulering van wedstryde, die ranglys, en beheer oor beeldmateriaal en foto’s. Die ATP sê die spelersvereniging se saak is sonder meriete en hy gaan sy saak met alle mag verdedig.