# Tennis: Die Spanjaard Paula Badosa kan weer lank afwesig wees uit die spel weens ‘n laerug-besering wat sy tydens die Miami Ope in Amerika opgedoen het. Die voormalige wêreld-nommer-twee het uit die top-50 gesak weens ‘n reeks beserings, insluitende ‘n chroniese laerugprobleem wat haar verlede jaar laat oorweeg het om uit te tree. Die 27-jarige sê sy het reeds onttrek aan die Charleston Ope wat Maandag begin. Sy het geen tydlyn gegee vir haar verwagte terugkeer na die toer nie.
Tennis: Spanjaard Paulo Badosa kan weer lank uit die spel wees weens ‘n besering