# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, is die eerste keer deur na die Paryse Meesters se kwarteindronde. Die Italianer het Francisco Cerundolo van Argentinië geklop en is steeds op koers om weer nommer een te word. Sinner kom teen Ben Shelton te staan nadat die Amerikaner met die Rus Andrey Rublev afgereken het. Die verdedigende kampioen, Alexander Zverev van Duitsland, het die Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina geklop. Daniil Medvedev van Rusland het die Italianer Lorenzo Sonego verslaan om steeds in aanmerking te kom vir die ATP-jaareindtoernooi.
Tennis: Sinner, Zverev, Medvedev en Shelton deur na Paryse Meesters se laaste agt