Skip to content

Tennis: Sinner word sewende manspeler wat $50-miljoen in ATP-prysgeld bereik

# Tennis: Jannik Sinner se oorwinning oor die Duitser Alexander Zverev in Sondag se eindstryd van die Weense Ope in Oostenryk het sy ATP-prysgeld laat opskiet tot 50-miljoen-dollar – byna 863-miljoen-rand. Die Italianer het die sewende manspeler ooit geword om dit te bereik. Die ander is Novak Djokovic van Serwië, die Spanjaard Rafael Nadal en die Switser Roger Federer, wat al meer as 100-miljoen-dollar verdien het, die Brit Andy Murray, Zverev en die huidige wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje. Hierdie bedrae sluit nie borgskappe of deelname aan vertoonwedstryde in nie.