# Tennis: Die topgekeurde Jannik Sinner het sy vierde titel van die seisoen en sy 22ste loopbaan-kroon gebuit toe hy die Weense Ope in Oostenryk gewen het. Die Italianer was een stel agter, maar het ingehaal en die Duitser, Alexander Zverev, geklop. Die 24-jarige Sinner is die eerste man wat agt ATP-eindwedstryde in agtereenvolgende seisoene haal sedert die Serwiër, Novak Djokovic, dit in 2015-2016 reggekry het. Sinner sê dis wonderlik om nog ʼn titel te wen:
Tennis: Sinner verslaan Zverev in Wene en beklink vierde titel van die seisoen [KLANK]
ENG SinnerOnMatch