# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Hongaar Fabian Marozsan in skoon stelle geklop om die derde agtereenvolgende jaar die halfeindronde van die Chinese Ope te bereik terwyl Iga Swiatek die laaste sestien bereik toe haar teenstander weens ‘n besering onttrek het. Sinner het die 57ste op die wêreld-ranglys 6-1, 7-5 geklop en speel volgende teen die derde-gekeurde Alex de Minaur. Die eerste-gekeurde Swiatek van Pole het die eerste stel 6-stroop teen Camila Osorio gewen voor die Colombiaan onttrek het. Swiatek speel volgende teen Emma Navarro van Amerika.
Tennis: Sinner, Swiatek vorder op Chinese Ope