# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, speel môre sy eerste wedstryd sedert hy in Januarie die Australiese Ope gewen het. Die plaaslike gunsteling kom te staan teen die Argentyn Mariano Navone in die Italiaanse Ope in Rome. Sinner het kort ná sy derde Grand Slam-titel in Melbourne aangekondig dat hy vir drie maande geskors is weens twee positiewe opkikkertoetse. Dit het egter geen invloed gehad op sy wêreldranglys-posisie nie. Die derde-gekeurde Spanjaard Carlos Alcaraz, wat as sy sterkste mededinger beskou word, speel vandag teen die Serwiër Dusan Lajovic.
Tennis: Sinner speel sy eerste wedstryd sedert hy in Januarie die Australiese Ope gewen het