# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, behoort fiks te wees om sy Amerikaanse Ope-titel te verdedig. Hy moes Maandag handdoek ingooi tydens die eindstryd van die Cincinnati Ope teen nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, en het ook aan die Amerikaanse Ope se gemengde dubbels onttrek. Sinner se afrigter, Darren Cahill, sê hy het ‘n virus onder lede maar voel beter en hulle glo hy sal reg wees. Die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar begin Sondag op Flushing Meadows in New York.
Tennis: Sinner se afrigter sê hy behoort reg te wees om Amerikaanse Ope-titel te verdedig