# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is deur na die laaste 16 van die Italiaanse Ope, na sy oorwinning oor die Nederlander Jesper de Jong. Hy probeer om die eerste Italianer in 49-jaar te word om die mans-afdeling in Rome te wen. Sinner se landgenoot, Matteo Berrettini, was agter teen die Noorweër Casper Ruud toe hy weens ‘n besering moes onttrek. In die vroue-afdeling is die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, die Amerikaner Coco Gauff en Elina Svitolina van Oekraïne deur na die kwarteindronde.
Tennis: Sinner, Sabalenka, Ruud en Gauff vorder in die Italiaanse Ope