# Tennis: Die verdedigende kampion Jannik Sinner is gedwing om in die derde ronde van die Shanghai Meesters weens ‘n beenbesering te onttrek. Die Italianer het pyn in die derde stel ondervind voor hy besluit het om nie voort te gaan nie, na hy met 2-3 in die derde stel teen die Nederlander Tallon Griekspoor agter was. Verlede jaar se naaswenner, Novak Djokovic van Serwië het in drie stelle teen die Duitser Yannick Hanfmann gewen om na die laaste 16 deur te dring. Die Fransman Giovanni Mpetshi Perricard het die wêreld-nommer-vier, Taylor Fritz van Amerika, in twee stelle geklop vir die grootste oorwinning van sy loopbaan.
Tennis: Sinner onttrek weens besering terwyl Djokovic die laaste 16 in Shanghai haal