Skip to content

Tennis: Sinner moet Alcaraz in New York klop om wêreld nommereen te bly

# Tennis: Die tweestryd tussen die Italianer Jannik Sinner en die Spanjaard Carlos Alcaraz word al feller en Sinner moet Alcaraz op die Amerikaanse Ope verslaan om sy nommer-een-posisie in die wêreld te behou. Hulle het die laaste sewe Grand Slam-toernooie gewen en is nou die Groot Twee van die nuwe geslag. Sinner het baie ranglyspunte verloor toe hy moes onttrek aan die eindstryd van die Cincinnatti Ope teen Alcaraz. Hulle speel albei môre hulle eerste wedstryde op Flushing Meadows in New York en kan slegs in die eindstryd ontmoet.