# Tennis: Die wêreld se nommer twee speler Jannik Sinner is deur na die laaste 16 van die Parys Meesters. Die Italianer het Zizou Bergs van België geklop om sy toernooi-vlak oorwinnings op harde binnenshuise bane tot 22 op te skuif. Sinner sal nou teen Francisco Cerundolo van Argentinië te staan kom wat die Serwiër, Miomir Kecmanovic uitgeskakel het. Daniil Medvedev van Rusland is ook onder die laaste 16 nadat sy teenstander in die tweede ronde, Grigor Dimitrov van Bulgarye, weens ‘n regterskouerbesering gedwing is om voor hul wedstryd te onttrek.
Tennis: Sinner, Medvedev en Cerundolo deur na laaste 16 van Parys Meesters