# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Chinese Ope die tweede keer gewen toe hy die Amerikaanse tiener Learner Tien (Tién) in die eindstryd in Beijing geklop het. Dit is die Italianer se derde titel van die seisoen en 21ste algeheel. Sinner het in 2023 in die Chinese hoofstad gewen, maar in verlede jaar se eindstryd verloor teen sy geswore teenstander, die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje. Sinner is die topgekeurde in die Sjanghaise Meesterstoernooi nadat Alcaraz weens ‘n besering onttrek het nadat hy die Japannese Ope gewen het.
Tennis: Sinner klop Amerikaanse tiener om Chinese Ope te buit