Skip to content

Tennis: Sinner keer triomfantlik terug op Italiaanse Ope

# Tennis: Jannik Sinner is moeiteloos terug op die tennisbaam nadat hy drie maande verban was weens verbode middels. Sinner het Mariano Navone by die Italiaanse Ope in skoon stelle geklop met 6-3, 6-4. Die wêreld-nommer-een het die Argentyn binne ‘n uur en 39 minute voor ‘n skare van meer as tien-duisend ondersteuners verslaan en kom nou in die derde ronde teen die gelukkige verloorder Jesper de Jong te staan. Sinner het sedert hy die Australiese Ope in Januarie gewen het, nie weer gespeel nie. Hy het egter ‘n volgepakte hoofbaan in die Italiaanse hoofstad bekoor met sy oog stewig op Roland Garros later die maand.