# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is die eerste keer deur na die Madridse Ope se halfeindronde en sit sy poging voort vir ʼn vyfde agtereenvolgende ATP-meesters-een-duisend-titel. Die Italianer het die 19-jarige Spanjaard Rafael Jodar geklop en speel nou teen die Fransman Arthur Fils, wat die Tsjeg Jiri Lehecka verslaan het. In die vroue-afdeling het die Russies-gebore Oostenryker, Anastasia Potapova, die Tsjeg Karolina Pliskova verslaan en die eerste gelukkige verloorder geword om ‘n WTA-een-duisend-halfeindstryd te haal. Sy speel teen Marta Kostyuk van Oekraïne wat nog ʼn Tsjeg, Linda Noskova, uitgeskakel het.
Tennis: Sinner en Potapova eerste keer deur na Madridse Ope se halfeindronde