Skip to content

Tennis: Sinner en Osaka deur na kwarteindronde van Amerikaanse Ope

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope. Die Italianer het Alexander Bublik van Kazakstan geklop en speel volgende teen sy landgenoot Lorenzo Musetti. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het met Andrey Rublev van Rusland afgereken, terwyl Alex de Minaur van Australië die Switserse kwalifiseerder Leandro Riedi geklop het. Die tweemalige vroue-kampioen, Naomi Osaka van Japan, het die Amerikaner Coco Gauff uitgeskakel. Iga Swiatek van Pole het die Rus Ekaterina Alexandrova verslaan.