Skip to content

Tennis: Sinner en Alcaraz kan eers in eindstryd van Italiaanse Ope kragte meet

# Tennis: Die groot mededingers Jannik Sinner en Carlos Alcaraz kan mekaar eers ontmoet in die eindstryd van die Italiaanse Ope wat môre in die hoofstad, Rome, begin. Die plaaslike held, Sinner, het sy posisie boaan die wêreldranglys behou toe hy Sondag teruggekeer het ná ’n skorsing van drie-maande. Die Spanjaard is derde gekeur na die Duitser Alexander Zverev. Daar is egter steeds onsekerheid oor Alcaraz se fiksheid ná sy onttrekking aan die Madridse Meesterstoernooi. Albei het ‘n loslootjie in die eerste ronde en sal eers in die tweede ronde speel.