Skip to content

Tennis: Sinner bevestig sy deelname in Madrid na Alcaraz, Djokovic onttrek

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, gaan deelneem aan dié week se Madridse Ope in Spanje waar hy gaan probeer om geskiedenis te maak as die eerste speler om vyf agtereenvolgende Meesters-een-duisend-titels te beklink. Dit volg op sy oorwinnings in Parys verlede jaar en Indian Wells, Miami en Monte-Carlo vanjaar. Sinner is die volslae gunsteling in die afwesigheid van die plaaslike held Carlos Alcaraz en die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië. Die toernooi is voorbereiding vir die Franse Ope wat op 24 Mei in Parys begin.