# Tennis: Die Italianer Jannik Sinner het sy plek bo-aan die wêreldranglys bevestig nadat hy gister sy eerste Wimbledon-titel en vierde Grand Slam-titel verower het. Die naaswenner, Carlos Alcaraz van Spanje, bly in die tweede plek met Alexander Zverev van Duitsland derde. Die Amerikaner Taylor Fritz verbeter na vierde en het Jack Draper van Brittanje verbygesteek, gevolg deur Novak Djokovic van Serwië. Die Italianer Lorenzo Musetti is sewende, Holger Rune van Denemarke agtste en Amerikaner Ben Shelton is negende. Die Rus Andrey Rublev het met vier plekke verbeter tot tiende.
Tennis: Sinner bevestig plek bo-aan wêreldranglys na eerste Wimbledon-titel