# Tennis: Die Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina het sy beste wêreldranglysposisie van 13 behaal nadat hy die Shanghaise Meesterstoernooi in China gewen het. Hy het sy landgenoot Rafael Jodar in die eindstryd verslaan vir die grootste titel van sy loopbaan. Jodar, wat puik vaar in sy eerste ATP-seisoen, het ook opgeskuif na sy beste posisie van elfde en kan steeds kwalifiseer vir die jaareindtoernooi in Turyn. Die Italianer Jannik Sinner bly nommer een, terwyl Novak Djokovic van Serwië vier plekke gedaal het tot twaalfde.
Tennis: Shanghaise Meesterskampioen en naaswenner behaal hulle hoogste wêreldranglysposisies