Skip to content

Tennis: Ses van die wêreld se bestes ding mee om groot prysgeld in Riaad

# Tennis: Die winsgewende Six Kings Slam met ses van die wêreld se beste spelers begin vandag in Riaad, Saoedi-Arabië. Die eerste kwarteindstryd is tussen die Duitser Alexander Zverev en die Amerikaner Taylor Fritz en die tweede tussen die Italianer Jannik Sinner en die Griek Stefanos Tsitsipas. Die twee wenners speel dan onderskeidelik teen die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, en die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic van Serwië. Al die deelnemers aan die vertoon-toernooi sal 26,2-miljoen-rand verdien, en die wenner ‘n verdere 78,5-miljoen-rand.