Skip to content

Tennis: Serena Williams gaan haar langverwagte terugkeer na beroepstennis by Queen’s Club maak

# Tennis: Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, het aangekondig dat sy amptelik na beroepstennis terugkeer. Die 44-jarige Amerikaner hervat haar loopbaan volgende week by Queen’s Club in Londen, byna vier jaar nadat sy uitgetree het. Sy sal volgens berigte saam met die Kanadese tiener, Victoria Mboko, in die dubbelspel speel. Williams sê sy het van die beste oomblikke in haar loopbaan op grasbane gehad en Queen’s Club voel na die perfekte plek om hierdie volgende hoofstuk te begin.