# Tennis: Die wêreld se voorste speler, Aryna Sabalenka, van Belarus het haar Franse Ope-veldtog op ‘n hoë noot begin deur Kamilla Rakhimova van Rusland te verslaan om na die tweede ronde deur te dring. Italië se Jasmine Paolini het Yuan Yue van China geklop. Die gewese tweede beste speler ter wêreld Petra Kvitova van Tsjeggië is ook uitgeskakel. By die mans het die Amerikaner Ben Shelton vir Lorenzo Sonego van Italië getroef. Frances Tiafoe van Amerika en die Italianer Lorenzo Musetti is ook deur.
Tennis: Sabalenka, Paolini, Shelton en Musetti begin Franse Ope met oorwinnings