# Tennis: Die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, het die Brit, Emma Raducanu, naelskraaps geklop om die Cincinnati Ope se vierde ronde te haal. Die wêreld-nommer-vier takel Jessica Bouzas Maneiro in die ronde van 16 nadat die Spanjaard die Amerikaner, Taylor Townsend, verslaan het. Iga Swiatek van Pole het die ronde van 16 gemaklik gehaal. In die mansafdeling het die Amerikaner, Taylor Fritz, met Lorenzo Sonego van Italië afgereken. Die Griek, Stefanos Tsitsipas, moes die knie buig teen Benjamin Bonzi van Frankryk.
Tennis: Sabalenka klop Raducanu en Tsitsipas word uitgeskakel by Cincinnati Ope