# Tennis: Die 24-jarige Amerikaner Hailey Baptiste het ʼn loopbaan-hoogtepunt op die Madridse Ope beleef toe sy die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, verslaan het om die eerste keer die halfeindronde te haal. Baptiste pak nou die negende-gekeurde Rus, Mirra Andreeva, wat die Kanadees Leylah Fernandez geklop het om haar eerste halfeindronde in die Spaanse hoofstad te bereik. In die mansafdeling het die Duitser, Alexander Zverev, met die Tsjeg Jakub Mensik afgereken om die kwarteindronde te haal terwyl Flavio Cobolli van Italië die Rus, Daniil Medvedev, uitgeskakel het.
Tennis: Sabalenka en Medvedev uitgeskakel uit Madridse Ope