# Tennis: Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka en Coco Gauff takel mekaar môre in die Madrid Ope-eindstryd. Sabalenka van Belarus het Elina Svitolina van Oekraïne in die halfeindronde verslaan terwyl Gauff die heersende kampioen van Pole, Iga Swiatek afgeransel het. In die mansafdeling het die Noorweër, Casper Ruud, die Rus Daniil Medvedev geklop om die halfeindronde te haal waar hy vandag teen die Argentyn, Francisco Cerundolo, kragte meet. Die Britse nommer een, Jack Draper, het die Italianer, Matteo Arnaldi, verslaan en takel in die halfeindronde sy landgenoot, Lorenzo Musetti.
Tennis: Sabalenka en Gauff spook sake uit in Madrid Ope se eindstryd