# Tennis: Die topgekeurde Aryna Sabalenka het maklik tot die laaste 16 van die Franse Ope deurgedring met ‘n oorwinning van 6-2, 6-3 oor Serwië se Olga Danilovic. Sabalenka het Danilovic, wat 34ste op die wêreldranglys is, in 79 minute op die Philippe Chatrier-baan uitgestof. Die 27-jarige Sabalenka speel volgende teen die Amerikaner Amanda Anisimova wat 16de op die wêreldranglys is vir ‘n plek in die kwarteindronde. Anisimova het Clara Tauson, die 22ste gekeurde van Denemarke, met 7-6, 6-4 in hul derde ronde-kragmeting uitgeskakel.
Tennis: Sabalenka dring oortuigend deur na die laaste 16 by Franse Ope