Skip to content

Tennis: SA se Lloyd Harris deur na tweede ronde by Wimbledon

# Tennis: Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris is deur na die tweede ronde van Wimbledon nadat hy sy openingswedstryd teen Zizou Bergs van België gewen het. Harris se segetog het net meer as vier uur geduur. Dit was uit die staanspoor ‘n hewige stryd in die eerste drie stelle van die kragmeting. Harris het die eerste twee gewen, met Bergs die derde, maar Harris het die vierde stel oorheers en die oorwinning te behaal. Hy het 23 kishoue geslaan en slegs vier dubbelfoute aangeteken.