# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Elena Rybakina van Kazakstan, en Linda Noskova van Tsjeggië wat agtste op die ranglys is begin môre met die WTA-eindtoernooi in Indian Wells in die VSA. Die wêreld se agt beste vrouespelers neem deel in ‘n rondomtalie-formaat, waarna die twee voorste spelers in elke groep deurdring na die halfeindstryd. Die ander twee spelers in Groep Een is die Amerikaners Coco Gauff en Jessica Pegula. Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka van Belarus, ding in Groep Twee mee saam met die Rus Mirra Andreeva, Elina Svitolina van Oekraïne en nog ‘n Tsjeg, Karolina Muchova.
Tennis: Rybakina, Noskova slaan af in WTA-eindtoernooi in Indian Wells