# Tennis: Elena Rybakina van Kazakstan het die agtste en laaste plek ingepalm vir volgende maand se WTA-eindtoernooi toe sy Victoria Mboko met 6-3, 7-6 geklop het om die Pan Pacific se halfeindronde in Tokio te haal. 2022 se Wimbledon-kampioen sluit aan by die elite-groep in Saoedi-Arabië na ‘n suksesvolle lopie wat verlede week gelei het tot ‘n oorwinning in die Ningbo Ope in China. Rybakina speel vandag in die halfeindronde teen die sesde-gekeurde Linda Noskova van die Tsjeggiese Republiek.
Tennis: Rybakina neem die agste plek in by volgende maand se WTA-eindtoernooi