# Tennis: Wêreldnommer sewe, Casper Ruud van Noorweë, beskryf die wêreldranglys as ‘n dolle gejaag. Hy sê dit lei daartoe dat spelers selfs met beserings aan verpligte toernooie deelneem. Die 26-jarige Ruud, wat twee keer die eindstryd van die Franse Ope gehaal het, is in die tweede ronde by Roland Garros deur die ongekeurde Portugese speler Nuno Borges uitgeskakel. Ruud sê sy kniepyn het sy beweging belemmer. Hy wys daarop dat spelers se jaareindbonusse met 25-persent verminder word as hulle verpligte toernooie misloop.
Tennis: Ruud beskryf wêreldranglys as dolle gejaag na vroeë uitskakeling by Roland Garros