# Tennis: Die Brit, Emma Raducanu, is deur na die Washingtonse Ope se kwarteindronde nadat sy die viermalige Grand Slam-wenner, Naomi Osaka van Japan, verslaan het. Die 22-jarige speel volgende teen die promotorskeuse, Maria Sakkari van Griekeland. Magdalena Frech van Pole het die 45-jarige Amerikaner Venus Williams se terugkeer-toernooi beëindig. In die mansafdeling is die Rus, Daniil Medvedev, deur na sy agtste kwarteindronde van die seisoen met ʼn gemaklike oorwinning oor die Chinese kwalifiseerder, Wu Yibing. Die Amerikaners Frances Tiafoe en Brandon Nakashima is ook deur na die kwarteindronde.
Tennis: Raducanu en Medvedev dring deur na Washingtonse Ope se kwarteindronde