# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka, en die wêreld se nommer drie, Jessica Pegula, het hulle aan die nuwe vrouetoernooi by Queen’s Club onttrek. Pegula, die naaswenner by verlede jaar se Amerikaanse Ope, sou die hoogste gekeurde speler by die geleentheid wees, maar die Amerikaner het haar saam met die Japannese ster Osaka onttrek. Die toernooi, wat dien as ‘n opwarmingsgeleentheid vir Wimbledon, begin Maandag, met vrouespelers wat vir die eerste keer in 52 jaar na Queen’s terugkeer.
Tennis: Pegula, Osaka onttrek aan die geskiedkundige Queen’s toernooi