# Tennis: Die Parys-meesterstoernooi sal hierdie maand in die La Defense-arena sy buiging maak, met die hoofbaan wat net deur die Arthur Ashe-stadion van die Amerikaanse Ope op die huidige wêreldtoer oortref word. Die hoofbaan kan ongeveer 17-duisend-500 toeskouers huisves. Die nuwe tuisbasis, ‘n binnenshuise arena wat in 2017 in die westelike voorstede van Parys geopen is, is ook die tuiste van die Franse Top 14-rugbyklub, Racing 92 (RA-ssieng-ninety-two). Die toernooi vind plaas van 27 Oktober tot 2 November.
Tennis: Parys-meesters maak hierdie jaar sy buiging in ‘n nuwe binnenshuise arena