# Tennis: Die wêreld-nommer-vyf, Jasmine Paolini, mik vanmiddag daarna om die eerste plaaslike vrouekampioen in vier dekades in die Italiaanse Ope te word wanneer sy in die eindstryd in Rome teen die Amerikaner Coco Gauff speel. Die vorige plaaslike kampioen was Raffaella Reggi in 1985. Paolini is reeds die eerste Italiaanse vrou in die eindstryd sedert haar dubbelsmaat, Sara Errani, in 2014. Gauff, tans derde op die wêreldranglys, het Paolini twee keer in hul drie vorige ontmoetings geklop. Die mans-eindstryd word môre beslis.
Tennis: Paolini probeer vandag eerste plaaslike vroue-kampioen in Italiaanse Ope te word in 40-jaar