Skip to content

Tennis: Nuwe styl gemengde dubbels begin vandag in New York

# Tennis: Die nuutontwerpte gemengde dubbelstoernooi van die Amerikaanse word vandag en môre op Flushing Meadows in New York gespeel, met die hooftoernooi wat Sondag begin. Bekende name neem vanjaar deel, onder andere die Spanjaard, Carlos Alcaraz, wat saam met die Brit Emma Raducanu speel, die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, saam met die Tsjeggiese speler Katerina Siniakova, en Iga Swiatek van Pole saam met Casper Ruud van Swede. Die veteraan Venus Williams en haar Amerikaanse landgenoot, Reilly Opelka, speel saam. Die wenners ontvang 17,6-miljoen-rand.