# Tennis: Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het aan die komende Parys Meesters onttrek maar geen rede bekendgemaak nie. Die 38-jarige speler het Saterdag by die Six Kings Slam in Saoedi-Arabië onttrek aan sy uitspeelwedstryd vir derde plek teen die Amerikaner, Taylor Fritz. Djokovic sal na verwagting steeds volgende maand in die ATP-jaareindtoernooi speel, waar hy met ʼn rekord van sewe oorwinnings spog. Die wêreld-nommer-een Carlos Alcaraz van Spanje en die Italianer Jannik Sinner is die gunstelinge vir die Parys Meesters wat Maandag begin en tot 2 November duur.
Tennis: Novak Djokovic onttrek aan Parys Meesters