Skip to content

Tennis: Nog steeds geen aanduiding wanneer Alcaraz terugkeer nie

# Tennis: Carlos Alcaraz is nie seker wanneer hy sal kan terugkeer nie, nadat hy verlede maand ‘n polsbesering opgedoen het in die Barcelona-ope in sy vaderland, Spanje. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het in Alcaraz se afwesigheid van krag tot krag gegaan en Sondag ‘n rekord sesde Meesters-een-duisend-titel verower op die Italiaanse Ope. Alcaraz het Sinner gelukgewens met die voltooiing van ‘n loopbaan-Goue Meesters en gesê hy verdien dit. Die Italianer is die absolute gunsteling om die kleibaan-Grand Slam-toernooi, die Franse Ope, te wen wat Sondag in Parys begin.