# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen Naomi Osaka en haar Franse afrigter, Patrick Mouratoglou, se paaie skei na minder as ‘n jaar. Die 27-jarige Japannees het onder sy leiding in Januarie die eindstryd in Auckland gehaal en die L’Open 35 de Saint Malo gewen – haar eerste titel sedert 2021. Osaka sê dit was goed om by Mouratoglou te leer, en hy sê hy is dankbaar vir haar vertroue in hom en die pad wat hulle saamgeloop het. Sy sal voorlopig met die Poolse afrigter, Tomasz Wiktorowski, werk.
Tennis: Naomi Osaka en Franse afrigter Patrick Mouratoglou uitmekaar na slegs ‘n jaar