Skip to content

Tennis: Nadal in vertoonwedstryd in Las Vegas te sien

# Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal gaan in Februarie die groot trekpleister wees op ‘n vertoontoernooi in Las Vegas, die MGM Slam. Dit sal die eerste keer wees dat die Spanjaard in Amerika speel sedert sy uittrede in 2024. Die 40- jarige het in sy finale jaar op die ATP-toer op dieselfde toernooi teen sy landgenoot, Carlos Alcaraz, gespeel. Nadal is opgewonde om deel te neem sonder die druk van die toer, maar met dieselfde passie. Nog spelers en die formaat sal binnekort aangekondig word.