Skip to content

Tennis: Montjane se Wimbledon-droom eindig in halfeindronde

# Tennis: Kgothatso Montjane van Suid-Afrika het in die halfeindronde van die vroue-rolstoel-enkelspel by Wimbledon verloor. Sy is met 6-3, 7-5 geklop deur die vierde gekeurde Ziying Wang van China. Die Suid-Afrikaner Connor Doig het gister in die seunsdubbelspel-kwarteindstryd saam met sy maat, Kriish Tyagi van Indië, verloor. Suid-Afrika se laaste hoop by vanjaar se toernooi is Donald Ramphadi, wat Sondag in die mans-vierwiel-rolstoel dubbelspel-eindstryd saam met sy Britse maat, Gregory Slade, speel.