# Tennis: Suid-Afrika se rolstoel-tennisster, Kgothatso Montjane is vir die vierde keer ‘n Grand Slam-kampioen. Die 39-jarige het ‘n tweede rolstoeldubbelspel in die Franse Ope saam met Yui Kamiji van Japan gewen. Montjane en Kamiji het Xiaohui Li en Ziying Wang van China met 4-6, 7-5 geklop. Die tweede Suid-Afrikaner in die rolstoelloting, Donald Ramphadi, moes egter met die naaswennerplek tevrede wees saam met sy Turkse maat Ahmet Kaplan. Die twee het die eindstryd van die kwadruplegiese rolstoeldubbelspel gehaal, maar is met 6-3, 6-4 geklop deur Guy Sasson van Israel en Niels Vink van Nederland.
Tennis: Montjane nou ‘n viermalige Grand Slam-kampioen, Ramphadi verloor in eindstryd